Wat bestel jy in ‘n Koffiewinkel?

Bestel Slim in ‘n Koffiewinkel

 

 

Dit beteken nie dat jy nooit na koffiewinkels of restaurante moet gaan wanneer jy probeer gewig verloor nie. Wees net baie versigtig wat jy bestel.

  • Cappucino’s en Latte’s bevat baie kilojoules omdat dit so baie volroom melk bevat. As jy gewig wil verloor, bestel eerder ’n Americano (swart koffie) met of sonder melk. As jy my Lae Gi eetplan volg bestel afgeroomde melk saam met jou koffie. As jy my Banting eetplan volg kan jy volroom melk of room bestel, MAAR dan moet jy minder kos eet!
  • Moenie muffins en croissants bestel nie. Lae Gi eetplan: bestel eerder geposjeerde of gekookte eier met Lae Gi roosterbrood sonder botter. Banting Eetplan: bestel ’n omelet met sampioene en spek of enige vulsel MAAR geen brood. (Onthou as jy koffie met room of volroom melk bestel het moet jy sny op jou kos.)
  • Moenie suiker en versoeters gebruik nie. As jy nie van die bitter smaak hou nie, is versoeters die beste keuse, maar dit kan veroorsaak dat jou hongerhormone gestimuleer word en jy dalk meer sal wil eet.

Kliek hier as jy meer wil weet van my Banting Eetplan of dit wil aanskaf: Wenlyf Banting

Kliek hier as jy meer wil weet van  my Lae Gi Eetplan of dit wil aanskaf: Somerlyf Lae Gi

Fiksheids-groete

Linda Kriel xx

 

 

 

Comments 4

  1. Linda help.

    Ek is nou 47 en hormone is my grootste probleem ek oefe. Dan tel ek gewig op as ek op dieet is verloor ek 2 kg en dan niks verder.
    Wattet program kan jy vir my aanbeveel. Ek hou van oefen fietry. Ek kan darem so 20 km padfiets ry. Ek seker nie so onfiks.
    My lengte 1.63 so jy kan verstaan. Ek insulien weerstandig. Maar gebruik nie medikasie nie..my maag en boude en arms my probleem areas..en ek weeg tans 73 maar kom net nie onder dit hou dit nou al vir 3 jaar op en af.
    Help

    1. Hi Beryl
      Dankie vir jou navraag. Hormoon skommeling en insulienweerstandigheid kan verseker gewigstoename veroorsaak. Insulien laat jou gewig toeneem en kan vet verhoog in sekere areas van jou liggaam. Ek sou aanbeveel jy spreek jou mediese dokter. Laat hy met bloedtoetse jou hormoonbalans en insulienvlakke toets. Dis goed wat ‘n mens nie oor raai nie maar moet weet.
      As dit by eet- en oefen programme kom, onthou ons moet ‘n lewenstyl verandering doen, dis nie ‘n dieet nie. Dit neem soms ‘n tydjie vir jou liggaam om by nuwe eet en oefenprogramme aan te pas. Wees geduldig en moenie tou opgooi nie. Jy moet seker maak met jou eetplan dat jy jou bloedsuikervlakke konstant hou sonder fluktuasies. Spreek jou dokter watter eetplan hy sou aanbeveel.

      Groete.
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hello Ria

      Sushi waarin rys voorkom is in beide die Lae GI en Banting eetplan verbode. Wit rys se Gluksemiese indeks is bo 70 wat dit nie geskik maak vir enige van die eetplanne nie.Banting eetplan kan wel rou vis eet nl Sashimi. Rou vis moet goeie kwaliteit wees. Rou vis kan baie bakteriee he omdat die gaarmaak proses oor hitte uitgesny word.
      So jy mag nie Sushi eet op Lae GI en sushi sonder rys op Banting wel toelaatbaar.

      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply