Kry Daai Lyf met Linda Kriel (Boek)

R170.00

KRY DAAI LYF, selfs al háát jy dieet en oefen … al wil jy weghardloop as iemand net die woord gewig noem … al dink jy niks kan jou meer maer maak nie.

LINDA KRIEL bied jou alles op n skinkbord vir n gesonder, skraler jy. Sy gee die nuutste riglyne om jou leefstyl vir eens en vir altyd te verbeter. Jy kry nie net een eetplan wat werk nie, maar twee: die Lae-GI-koolhidraat-eetplan en die Banting-eetplan, wat gebaseer is op nuwe navorsing. Kies die eetplan wat by jóú gesondheidsprofiel en behoeftes pas. Die skrywer word jou persoonlike oefeninstrukteur met fotos wat presies wys wat jy moet doen. Haar oefenprogramme sal jou help om sentimeters te verloor, jou lyf ferm te maak en vet te verbrand.

Let wel: Posgeld is R60 en sal outomaties bygevoeg word by betaling. Laat asb 7 – 10 dae toe vir aflewering by jou naaste poskantoor.

  • As jy in Namibia woon kan jy ook bestel. Posgeld is dan R90 (vir 1 dvd ) en R120 (vir 2 dvd’s). Wanneer jy by “ckeck out”  kom sê dit daar word nie na Namibia gepos nie, maar dit is net omdat die sisteem nie verskillende posgeld kan bereken nie. Jy kan voortgaan met die bestelling en net die addisionele posgeld bysit wanneer jy betaal en vir ons jou bewys van betaling epos na info@lindakriel.co.za 
Category: Tag:

Description

HIERDIE BOEK SAL JOU HELP OM …

  • gewig te verloor en fiks te word
  • al die bulte waaroor jy skaam is, weg te oefen
  • jou unieke liggaamsvorm mooier te maak
  • jou vetpersentasie te bepaal
  • jou spier- en vetsamestelling te verbeter
  • jou metabolisme te verhoog
  • vir die res van jou lewe gesond te leef.As jy eers die voordele van aktief wees en reg eet ervaar, sal jy daarmee volhou. Dan is die lyf wat jy begeer joune nie net vir n maand of n jaar nie, maar vir n leeftyd!