Fiks & Fabulous Plan

R160.00

Ongeag jou ouderdom, jy kán fiks en fabulous wees!

Hierdie 21 Dae program is vir jou as jy:

  • Permanent van jou oortollige gewig wil ontslae raak
  • Jou metabolisme wil versnel om sodoende makliker vet te verbrand
  • Jou maag, boude, bobene en bo-arms wil opferm
  • Fiks wil word en baie energie wil hê

Om jou liggaam van ’n vetstoorder na ’n vetverbrander te verander moet jy die regte oefenprogram en eetplan volg. Linda Kriel spesialiseer in gewigsverlies vir vroue. Haar Fiks & Fabulous Program bevat die regte kombinasies oefeninge, sodat jy optimale resultate kan kry.

  • Die oefenprogramme het 3 vlakke: Beginnersvlak, Middelvlak en ‘n Gevorderde vlak.
  • Die een dag Detoks-plan wat jy weekliks of maandeliks kan herhaal sal jou help om klaar te speel met ‘n opgeblase maag en jou liggaam ’n blaaskans gee, sodat jy ontslae kan raak van opgehoopte afvalstowwe wat jou gesondheid belemmer, jou metabolisme vertraag en jou moeg laat voel.
  • Jy kry twee eetplanne om uit te kies, ’n Lae GI koolhidraat eetplan en ’n Banting eetplan. Albei eetplanne bevat 21 dae se spyskaarte. Jy hoef nooit te wonder wat om te eet nie. Daar is geen snaakse produkte op die spyskaart nie. Dit is maklik om te volg.
  • Resepte met eenvoudige bestanddele vir albei eetplanne is in ‘n apparte hoofstuk

Jy is nie alleen nie! Sluit aan by die Fiks & Fabulous gemeenskap. Linda het spesiaal vir julle ‘n geslote Facebook-groepie gestig waar julle mekaar kan motiveer terwyl julle die plan volg en natuurlik raad by Linda self kan kry. Jy kry alleenlik toegang tot die groep as jy die Fiks & Fabulous Plan aangeskaf het. Motiveer mekaar, spoor mekaar aan, deel julle suksesse en kry raad by Linda Kriel. Maak seker dat jy inskakel by die Fiks & Fabulous facebookgroep as jy klaar jou program ontvang het! Kliek hier om tot die geslote groep toegang te kry: https://www.facebook.com/groups/341004002995531/

Jou plan sal onmiddelik vir jou beskikbaar wees op die webwerf sodra ons jou bewys van betaling ontvang het. Laat asb 2 tot 12 ure toe sodat ons jou toegang tot die Plan kan aktiveer op die webwerf. Jy sal ’n epos ontvang sodra jou Plan geaktiveer is. Dan teken jy in op die webwerf met jou Gebruikersnaam en Wagwoord.

Let wel: hierdie is nie ‘n boek of ‘n DVD wat gepos word nie.

Jou Fiks & Fabulous Plan is beskikbaar aanlyn vir 6 maande. Die Banting- en Lae GI eetplanne skakel baie goed in by Linda se ander aanlynplanne (Kick-Start; 3 Punt Plan; Wenlyf Banting en Somerlyf Lae GI) en kan daarmee gekombineer word.

Lees gerus hier onder vir meer inligting.

Description

Die program word gevolg op hierdie webwerf. Jy teken elke dag in met jou gebruikersnaam en wagwoord – wat jy self skep wanneer jy aansluit – en jou Eetplan en oefenprogram is daar reg vir jou. Alhoewel dit ‘n 3 Weke aanlynprogram is, is die program vir 6 maande vir jou beskikbaar op die webwerf.

Eet Reg and Verbrand

Jy gaan leer om reg te eet en jou liggaam van ’n vetstoorder na ’n vetverbrander te verander.

2 Nuwe 21 Dae Eetplanne

Jy kry 2 Nuwe eetplanne, nl ’n Lae GI Koolhidraat 21 Dag spyskaart en ’n Banting 21 Dag spyskaart spesiaal uitgewerk vir ons deur ‘n dieetkundige in die Paarl. Jy maak jou keuse van watter eetplan die beste by jou leefstyl sal pas.

5 Oefenprogramme per week

4 Intense oefenprogramme per week plus een Blits-Program vir Saterdae sal vir die 3 weke sorg dat jy baie vet verbrand, fiks word en jou probleemareas opknap. Keuse tussen Beginner, Middelvlak en Gevorderd. Woensdae fokus ons op selluliet en Saterdae en Sondae rus jy of jy kan een van die ander programme van die week herhaal.

 

Detox

Volg die een dag suiweringsplan (opsioneel), voordat jy met die eetplan begin en herhaal dit een keer per week óf per maand, afhangend van jou behoeftes.

My doel is om jou lyf moeg te maak, nie jou beursie nie. Daarom is die koste van die Fiks & Fabulous Plan R160.   Teen onder R1 per dag gaan jy vir 6 maande lank elke dag toegang hê tot jou daaglikse program of motivering en jy kan natuurlik elke dag na jou 21 Dag spyskaart kom kyk of dit uitdruk en op jou yskas plak. Alles vind plaas op hierdie webtuiste waar jy toegang tot jou programme kry deur jou eie unieke wagwoord. Onthou, ’n doel sonder ’n behoorlike plan, bly maar altyd net ’n wens…