Combo #1

R235.00

Skud die vetjies af permanent!!!

Jy kan nou die 3 Weke 3 Punt plan en die 21 Dae Kick-start kombineer!

Kry albei programme dadelik en begin doelgerig aan jou droomlyf werk.

Die voordeel om albei programme te kry:

  • Jy het dan 14 Dae se spyskaarte en nie net 7 dae nie.
  • Jy het 42 dae se oefenprogramme en motivering in plaas van 21 Dae.
  • As ‘n bonus, sal jou twee planne vir 6 maande op die webwerf beskikbaar wees.

Jou Eetplanne en Oefenprogramme sal onmiddelik beskikbaar wees nadat jy jou bewys van betaling aan ons ge-epos het. Laat asb 2 to 12 ure toe sodat ons jou toegang tot die programme kan aktiveer op die webwerf. Jy sal ‘n epos ontvang sodra dit geaktiveer is. Lees gerus hier onder meer oor die programme.

Description

Jy kan met enige een van die twee programme eerste begin.  Hier onder  is ‘n paar ooreenkomste en verskille van die 2 programme. Gaan lees gerus in die Winkel meer oor die 21 Dae Kick-start en die 3 Weke 3 Punt Plan.

Ooreenkomste:
  • Albei is 21 Dae planne. Die twee planne vul mekaar aan. Jy kan dus direk na die een plan, begin met die volgende plan.
  • Albei het twee 7 Dae Eetplanne nl ‘n Lae GI koolhidrate eetplan en ‘n Banting (geen suiker en stysel). Jy kies watter eetplan by jou leefstyl pas. Die Kick-Start en die 3 Punt Plan se eetplanne is nie dieselfde nie, maar vul mekaar aan. As jy dus albei programme het, het jy  14 Dae se eetplanne en nie net 7 nie.
  • Een plan is nie moeiliker as die ander een nie. Albei programme het oefenprogramme vir 21 Dae vir Beginners, Middelvlak en Gevorderde vlak.
Verskille:
  • In die Kickstart verduidelik ek meer in detail hóé die oefeninge gedoen word. As jy dus nie heeltemal vertroud is met hoe om sekere oefeninge te doen soos byvoorbeeld Lunges en squats ens. nie, is dit beter dat jy met die Kickstart begin. Anders stel ek voor dat jy met die 3 Weke 3 Punt Plan begin.
  • Die 3 Punt Plan het ‘n kalender wat jy vir 21 dae kan afmerk om ‘n slegte gewoonte af te leer.
  • Die 3 Punt Plan het ‘n resepte afdeling wat onder andere ook detox water-resepte bevat.
  • Die 3 Punt Plan se Rondte-oefenprogramme lees makliker op ’n selfoonskerm, want jy hoef nie kort-kort af te “scroll” nie.

Die programme word gevolg op hierdie webwerf. Jy teken elke dag in met jou gebruikersnaam en wagwoord – wat jy self skep wanneer jy aansluit – en jou Eetplan en Oefenprogram is daar reg vir jou. Alhoewel dit twee  3 Weke aanlynprogramme is, is die programme vir 6 maande vir jou beskikbaar op die webwerf as jy die Combo koop.

Eet Reg and Verbrand

Jy gaan leer om reg te eet en jou liggaam van ’n vetstoorder na ’n vetverbrander te verander.

4  Eetplanne

Jy kry 4  eetplanne! Naamlik ’n Lae GI Koolhidraat 7 Dag spyskaart en ’n Banting 7 Dag spyskaart  (spesiaal uitgewerk vir ons deur Dr Gerhard Schoonbee.) in elke program. Die Kick-start eetplanne en die 3 Punt Plan eetplanne vul mekaar aan, jy kan dit dus kombineer. Doen een 7 dae eetplan die een week en die ander 7 dae die volgende week   Jy maak jou keuse van watter eetplan (Banting of Lae GI) die beste by jou leefstyl sal pas. Moenie Banting en Lae GI meng nie.

Oefenprogramme

Met dié twee programme tot jou beskikking het jy 42 dae van program om jou liggaam in top vorm te kry!

Kliek hier: Winkel  as jy meer wil lees oor die 21 Dae Kick-Start en die 3 Weke 3 Punt Plan.