Oefening vir Boonste Rugspiere

Oefening Vir Boonste Rugspiere

Doen hierdie “Reverse Flyes” as jy:

  • jou boonste rugspiere (rhomboid en middel trapesius) wil versterk
  • mooi rugspiere in ‘n sontoppie wil wys.
  • jou agterste deel van jou skouers (posterior deltoid) wil versterk.

Dié oefening kom uit my Fiks & Fabulous Plan. Om meer te lees oor die 21 Dae plan (eetplan en oefenprogram):

Kliek hier: Fiks & Fabulous

Reverse Flyes

Dames gebruik tussen 1kg en 3kg

Mans gebruik tussen 3 kg en 8kg

  

Metode:

  • Staan vooroor gebuig, met jou bene effens gebuig. Jou rug moet reguit wees asof jy ‘n skinkbord daarop balanseer.
  • Foto 1: Hou twee gewigte vas en laat jou arms na onder hang. (as jy nie gewigte het nie, gebruik waterbottels of blikkies kos)
  • Foto 2: Jou elmboë is effens gebuig. Lig nou die gewigte kantwaarts op totdat die gewigte ongeveer gelyk met jou skouers is. Jy sal voel hoe jou boonste rugspiere na mekaar toe trek.
  • Laat sak weer die gewigte grondwaarts. Herhaal.

Beginners: 3 stelle van 6 herhalings (met waterbottels of 1 kg gewigte)

Middelvlak: 3 stelle van 15 herhalings (met 1,5 kg )

Gevorderd: 3 stelle van 20 herhalings (2 of 3 kg)

(Mans gebruik swaarder gewigte)

Fiksheids-groete

Linda Kriel

Besoek my webwerf vir nog gratis oefeninge. www.lindakriel.co.za Kliek op GRATIS

Leave a Reply