Hoeveel Kilojoules Verbrand Jy

Hoeveel Kilojoules Verbrand Jy?

 

unspecified

Al ooit gewonder watter aktiwiteite die meeste kilojoules verbrand?

Jy weet jy moet oefen as jy wil gewig verloor, maar hoekom is oefening so belangrik? Is dit omdat jy energie verbrand wanneer jy oefen?

Nee, dit gaan oor veel meer. Wanneer jy oefen verhoog jou spierpersentasie en spiere verbrand vet. Dus hoe hoër iemand se spierpersentasie is hoe meer vet verbrand haar liggaam, al is sy in ‘n rustende posisie.  Maar vir interessantheid het ek hier onder vir julle uiteengesit min of meer hoeveel kilojoules jy met sekere aktiwiteite verbrand.

Om ‘n halwe kilogram af te skud per week moet jy ongeveer 15 000 kilojoules meer as gewoonlik verbrand. Die hoeveelheid kilojoules wat ‘n mens tydens ‘n aktiwiteit verbrand hang af van hoeveel jy weeg. ‘n Persoon wat 50kg weeg sal minder kilojoules verbrand met ‘n sekere aktiwiteit as ‘n persoon wat 80kg weeg. ‘n Goeie manier om ekstra kilojoules te verbrand, is om vir langer te oefen óf teen ‘n hoër intensiteit te oefen.
Die tabel gee ‘n aanduiding van hoeveel kilojoules ‘n persoon wat 70 kg weeg verbrand:

Fietsry @ 20 km per uur 1700 kj per uur
Draf @ 9 km per uur 3000 kj per uur
Springtou 3100 kj per uur
Swem @ 45 m per minuut 2000 kj per uur
Stap @ 7,5 km per uur 1800 kj per uur
Tennis (enkels) 1700 kj per uur

 

Wat is jou gunsteling kardio? Los gerus hier onder kommentaar.

Lekker oefen!

Linda

Besoek gerus my aanlynwinkel vir  eet- en oefenprogramme, of Kry daai Lyf dvd. Kliek hier: http://www.lindakriel.co.za/winkel/

Comments 3

  1. Hi Linda. Ek probeer elke dag oefen. Al doen ek net iets. Gewoontlik sal ek so 500 tot 800 spronge springtou doen en dan nog n paar pushups.. situps.. burpees… ens… crossfit goetjies maar net gewigte. Is dit goed genoeg?
    Lizanne

    1. Hi Lzanne

      Dit is belangrik om doelwitte te hê. Wil jy gewig verloor of spiere opknap of fikser word? Dit bepaal hoe en hoeveel jy oefen.
      Dis ook goed om seker te maak jy oefen jou hele lyf en fokus sommige dae meer op jou probleem areas.
      Linda se oefen programme omvat al die elemente om fiks en ferm te word en is so beplan om oor die verloop van die week al jou liggaamsdele se spier % te verhoog.
      As jy jou doelwitte bereik is jou oefenprogram reg vir jou.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply