Eet reg… Oefen reg… Wees Gesond

Linda Kriel van destydse Body Beat en fiksheid in Sarie Tydskrif; en deesdae se Kry Daai Lyf op KykNET en Finesse Tydskrif is Suid Afrika se fiksheids-guru en gaan jou help om fiks, gesond en slank te word.


Op hierdie webwerf kan jy:


  • Gratis oefenprogramme en resepte kry
  • Inteken vir gespesialliseerde programme vir gewigsverlies en fiksheid
  • Linda Kriel se oefen-DVD’s en boek aankoop
  • Motivering en wenke kry vir ‘n gesonde en fikse leefstyl

Besoek die winkel

SKUD DIE VET AF VIR EWIG!

Slegs R160

Kry jou 2 Eetplanne en Oefenprogramme NOU


Getuienisse:


"Dankie Linda, jy het oefen in my sitkamer moontlik gemaak! 12 kg Ligter - voel so goed!"

– Etheline Jordaan

"Ek het ook nou net 18kg verloor en mens voel amazing, regtig"

– Carolyn Snyman

"Ek het 17 kg verloor deur net reg te eet en te oefen."

– Retha Hayes

"Linda Kriel… you rock, I went from 70kg to 65kg."

– Veronique

"Hi Linda, ek is nou vir die 2 weke 6kg af en so 5cm orals. Kan ek aangaan met die program as die 21 dae verby is?"

– Gerty Fourie


Linda se Oefenprogramme en Eetplanne, DVD’s en Boek


Kliek op ‘n foto hier onder om meer oor die produk te lees of op die klein inkopiesak, om die produk in die mandjie te voeg.


Besoek die winkel

Oor Linda


Kan jy nog onthou hoe ons saam met Linda Kriel in die vroeë negentigs soggens op Body Beat geoefen het? Wanneer die ontbytprogram Goeie More Suid-Afrika begin het, het ons reggeskuif om te kyk, of ons het ons oefenklere aangetrek. En as Linda met haar atletiese lyf en ritmiese oefening op die kassie verskyn het, kon ons nie anders as om gemotiveerd te voel om ʼn gesonder leefstyl aan te durf nie!

Deesdae oefen ons weer saam met haar op kykNET se Kry Daai Lyf met Linda Kriel en volg haar oefenrubriek in Finesse tydskrif. Haar boek Kry Daai Lyf – Oefenprogramme wat werk en Eetplanne vir Gewigsverlies was einde 2014 die nommer een verkoper in CNA en haar oefen-DVD Kry Daai Lyf het Maart 2015 uitgekom. Begin 2016 was haar nuwe oefen-DVD, Verbrand Vet Vinnig, ook op die rakke.

Lees meer oor Linda